Sertifisering

Sertifikate van bevoegdheid en verklarings van bywoning kan aan kursusgangers uitgereik word in ooreenstemming met die volgende vereistes:

a) Sertifikate van bevoegdheid mag slegs uitgereik word indien kursusgangers die betrokke kursus suksesvol voltooi het en ’n formele proses van assessering, soos bepaal deur die akademiese vereistes, afgehandel is. Daarna kan verklaar word dat ’n voldoende vlak van bevoegdheid vir die gespesifiseerde leeruitkomstes bereik is.

b) Sertifikate van bywoning mag aan kursusgangers uitgereik word en waar daar geen proses van assessering is, op voorwaarde dat hulle die betrokke kursus bevredigend bygewoon het.

Vir digitale sertifisering sal die volgende van toepassing wees:

a) Kontak en gemengde kortkursuskandidate het die keuse ten opsigte van of 'n gedrukte, of 'n digitale sertifikaat, wat tydens die aansoekproses uitgeoefen kan word.

b) Kandidate van volledige aanlyn kortkursusaanbiedings sal 'n digitale sertifikaat ontvang.

Navrae omtrent sertifisering kan aan shortcourse@sun.ac.za gerig word.

Sertifikaatherdukke Geldigverklaring van Digitale Sertifikate Riglyne vir Aflaai en Geldigverklaring van Digitale Sertifikate