Akademiese Gehalteversekering

Alle akademiese aanbiedings (programme, modules, kortkursusse) wat deel vorm van die Universiteit se akademiese aanbod, moet voldoen aan die Universiteit se akademiese gehalteversekeringsvereistes.

Die Universiteit se gehalteversekeringsvereistes vir akademiese aanbiedings sluit onder andere die volgende in:
  • Beplanning: alle aspekte van program- en modulebeplanning, (insluitende, die akademiese vlak en standaarde, die kurrikulum, die navorsingsbasis, ens).
  • Goedkeuring deur die Senaat op aanbeveling van die fakulteitsraad en die Akademiese Beplanningskomitee (ABK).
  • Keuring van studente (indien van toepassing).
  • Aanbieding en studente-assessering (insluitende die ontwikkeling van leermateriaal).
  • Sertifisering.
 
Ten opsigte van die kortkursusse, (a) keur die Senaat op grond van ’n aanbeveling van die ABK die stelsel vir die akademiese toesig oor kortkursusse goed, en (b) delegeer die Senaat die verantwoordelikheid vir die goedkeuring van en toesig oor kortkursusse aan die dekane.