Akkreditasieverklaring

 

AKKREDITERING EN REGISTRASIE VAN KORTKURSUSSE AANGEBIED DEUR DIE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

 

1.   Registrasie van Universiteit Stellenbosch as verskaffer van onderwys- en opleidingskursusse en -programme

Alle openbare hoëronderwysinstellings is deur die Departement van Onderwys geakkrediteer as verskaffers van hoëronderwys- en opleidingsprogramme. Die Universiteit Stellenbosch is dus deur die Departement van Onderwys as verskaffer geakkrediteer en op die SAKO-lys van Openbare Hoëronderwysverskaffers geregistreer.


2.       Akkreditering van kortkursusse aangebied deur Universiteit Stellenbosch

In terme van die Wet op Hoër Onderwys (Wet 101 van 1997) en die Statuut van die Universiteit Stellenbosch (Nr 40243 Kennisgewing 972 van 2 September 2016), is die Universiteit van Stellenbosch ‘n openbare hoëronderwysinstelling en volgens die Wet, openbare hoëronderwysinstellings ontvang nie verskaffersakkreditering-/registrasienommers nie, slegs private verskaffers van hoër onderwys ontvang registrasienommers.
 
Die Raad op Hoër Onderwys (RHO) is ‘n statutêre liggaam wat tot stand gebring is onder die bepalings van die Wet op Hoër Onderwys (Wet 101 van 1997). Die kernfunksies van die RHO sluit die bevordering van gehalte en gehalteversekering in hoër onderwys in. Hierdie funksie word deur die permanente komitee van die RHO, die Hoëronderwysgehaltekomitee (HOGK) vervul. Hoëronderwysinstellings neem volle verantwoordelikheid vir die akademiese gehalteversekering van hulle kortkursusaanbod en ander gedelegeerde funksies, terwyl die RHO ‘n oorhoofse verantwoordelikheid ten opsigte van hierdie aspekte behou. Hierdie kortleerprogramme lei nie tot die behaling van ’n volledige kwalifikasie of ’n deel van ’n kwalifikasie op die Subraamwerk vir Hoëronderwyskwalifikasies nie.

3.       Aanspraak op Vaardigheidsheffingfondse

Die Wet op Vaardigheidsontwikkelingsheffings maak voorsiening vir verhaling van die heffingsbetaling gebaseer op die indiening van Werkplekvaardigheidsplanne (WSP’s), Werkplekvaardigheidsimplementeringsplanne (WSIP’s) en die voorlegging van die name van vaardigheidsontwikkelingsfasiliteerders (WVF’s). Die Universiteit Stellenbosch voldoen aan al hierdie vereistes. Maatskappye of instellings wie se werknemers kortkursusse bywoon wat deur die Universiteit Stellenbosch geakkrediteer en aangebied word, kan geld van hulle Vaardigheidsheffingfondse eis, indien hierdie kortkursusse in hulle maatskappye se vaardigheidsplanne wat hulle aan die SETAs voorlê, geïnkorporeer is.

 

Vir verdere bevestiging sien Akkreditasiestatus van US

Vir verdere bevestiging sien RHO - Erkenning van US Status

 

Vir verdere inligting kontak Me Carol Kat by shortcourse@sun.ac.za

Innovus
Universiteit Stellenbosch / Stellenbosch University
Posbus / PO Box 3135 | Matieland, 7602 | Suid-Afrika / South Africa
http://www.innovus.co.za